Love Poem: Verlore Tegniek
Herman Dormehl Avatar
Written by: Herman Dormehl

Verlore Tegniek

Verlore tegniek

Waar is die dae, toe ek nog kon soen?
Wie het geweet  wat die storie sou kos?
Hoeveelste doelwit het ek weer gemis?
Hoekom het ek dan maar altyd verloor?

Waar is my roem en my rykdom dan heen?
Wie was die dief in die nag wat  my roof?
Liefde se ore is nou vir my doof!

Waar is die dae toe ek “Ek kan” kon sê
Nou is dit net “Ek kon” wat ek nog kan sê

Besef hoe my skematiese lewensstyl
‘n stylvolle lewe - maar soekend - verspul
My dae was getel, en vir altyd verkul
Geen iets van niks, het meer waarde as nul

Sal ek van vooraf moet se “Ek kan weer”?
Het al die “Kan nie’s" my dalk iets geleer?