Love Poem: Liefde
Theresa Rossouw Avatar
Written by: Theresa Rossouw

Liefde

deur Theresa Rossouw
 
Liefde is n roos wat bloedrooi blom, bloos. N wolk vol water dig wat groei, en blink. 'n Reënboog,vol kleur wat alle bande van negatief en donker skeur. 

Liefde, n rivier vol en wyd, buig dit die onbuigbare, laat die mooi ontpop uit die vuil en die gekraak, gebreek, en wys die prag diep in n hart verstéek. 

'n Ligkrans omvou dit die pyn en laat die seer verdwyn. Die kwaad vergeet, bedek. Dit is hoe wyd en diep die Vader liefde strek. 

'n Vrug van die beste gehalte, uit die tuin van die Allerhoogste. Vars en puik,die liefde wat ons elke dag uitbasuin!